Local sport

Skolerugby kook!

Laerskool Nylstroom se rugbyspanne het Donderdag 4 Mei vriendskaplike wedstryde teen Laerskool Krugerpark (Krugies) van Mokopane gespeel. Die spanne het op die Nylies se velde in Modimolle kragte gemeet.

Kom manne, kry die bal! Die Krugie-spelers stoei hard vir balbesit terwyl Dirk Nortman, Jayden Venter en Rall du Preez teenstand bied. Die Nylies se eerstespan het die wedstryd 28–0 gewen.
Rikardo van Wyngaardt is nie bereid om die bal so maklik af te staan nie. Die Nylies se tweedespan het die wedstryd op hul tuisveld gewen.
Laerskool Nylstroom se William Mphahlele gooi die bal uit na sy spanmaat sodat die Krugies dit nie onderskep nie. Die Nylies se derdespan het met 28–5 gewen.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button