Local sport

Meestersatlete oes medaljes

Die medaljes hou aan inrol vir die meestersatlete van die Kokanje-aftreeoord, al raak die kompetisie al hoe strawwer. Hulle het van 4-6 Mei aan die meestersatletiekkampioenskap in die Groenpunt-stadion in Kaapstad deelgeneem.

Annette van Dyk het goud gewen in spiesgooi, werpskyf, hamergooi en vyfkamp.

Sy het ook ’n silwer medalje vir gewigstoot en gewiggooi gekry. Babsie Grobler-Crafford het ’n goue medalje ingepalm in spiesgooi en gewigstoot en ’n silwer medalje in vyfkamp, werpskyf, gewiggooi en hamergooi.

Miggie van der Walt  het ’n brons medalje in werpskyf en ’n silwer medalje vir spiesgooi verower.

Hulle het hul nasionale kleure tydens ’n gala-aand op Saterdag 6 Mei ontvang.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button