Local sport

Raakvat-rugby!

Dit is heerlik om weer skolesport in volle swang te beleef.

Moraka Mothoa en Ruan Liebenberg van Hoërskool Piet Potgieter bied groot teenstand teen die Nylies se Gertjie Fourie. Hoërskool Nylstroom se eerstespan het hul wedstryd op Saterdag 22 April teen Piet Potgieter met 13-3 gewen. Foto: Herman Steyn
Shalom Molekoa bly net-net buite bereik van Johano van Tonder tydens die o.16-rugbyspanne se wedstryd. Hoërskool Nylstroom en Hoërskool Piet Potgieter van Mokopane het op Saterdag 22 April kragte gemeet. Die Nylies se o.16-span het met 24-0 gewen. Foto: Herman Steyn
Hendru Botha en Thapelo Chisi van Hoërskool Nylstroom se eerstespan werk hard om veld te wen tydens hul wedstryd teen Hoërskool Piet Potgieter. Die Nylie-manne het met 13-3 gewen. Foto: Herman Steyn
Dit is heerlik om weer skolesport in volle swang te beleef. JP Putter van Hoërskool Nylstroom se o.16-rugbyspan durf die verdediging van Hoërskool Piet Potgieter aan in die hoop om ’n drie te druk. Die Nylies se o.16-span het met 24-0 gewen. Die Nylies se o.14’s wen 48-12, die o.15’s wen 20-0, die tweedespan verloor 10-19 en die eerstespan wen 13-3. Foto: Herman Steyn

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button