Local sport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Ané Pretorius van Laerskool Eugène N. Marais en Sione Lourens van Laerskool Nylstroom gryp vir die bal met ’n opskiet tydens die o.10’s se wedstryd. Die skeidsregter is Bessie Buys. Die Nylies het met 15–2 gewen.

Mia Botha, ’n netbalspeler van die Euphorbia Christelike Onafhanklike-skool in Mookgophong, het op Donderdag 13 April aan die netbal distriksproewe by Laerskool Krugerpark deelgeneem.  Sy het op Vrydag 12 April aan die Limpopo-proewe in Polokwane deelgeneem en haar skool se naam hoog gehou.

Kleuterskool Bosveldspruitjies in Bela-Bela se jaarlikse Pram Prix-byeenkoms by Hoërskool Warmbad is een van die projekte wat altyd ’n stampvol pawiljoen toeskouers lok. Dié pretdag het op Donderdag 20 April plaasgevind. Ouers met lang asems of ander bereidwillige, onfikse ouers het met hul kleingoed, wat in die gr. R- of gr. RR-klasse is, vir 20 minute in kruiwaens om die veld gehardloop tot groot vermaak en luide toejuiging van die toeskouers. ’n Wenklas word na elke wedloop aangewys. Die skool is baie dankbaar teenoor almal wat bygedra het tot hierdie sukesvolle byeenkoms.

Laerskool Warmbad is proud of Ntsako Mahlaula who was chosen for the u.13 Limpopo netball team. She represented the school with pride on Friday 21 April during the Limpopo Championship in Polokwane.
Laerskool Warmbad is baie trots op Alché Volchenk wat tydens die skoolvakansie vir Limpopo se o.13 C-hokkiespan gekies is. Hulle sal in Polo-
kwane teen sterk spanne deelneem. Die Warries sien ’n blink toekoms vir haar op die sportveld.

Die meestersatlete van Modimolle het uitstekend gevaar tydens die Gauteng-Noord Meesterskampioenskap wat op 21 en 22 April by Pilditch-stadion in Pretoria gehou is. Hulle het altesame 25 medaljes gewen. Ria Ludick het goue medaljes in die vyfkamp, hamergooi, gewigstoot, spiesgooi, werpskyf en Griekse werpskyf verwerf. Miggie van der Walt het silwer gekry in spiesgooi en gewiggooi en brons in vyfkamp, skyfwerp en hamergooi. Babsie Grobler-Crafford het goud in gewiggooi, silwer in vyfkamp, spiesgooi, werpskyf, hamergooi, gewigstoot en Griekse werpskyf verower. Annette van Dyk het goud in spiesgooi gekry en silwer in vyfkamp, Griekse werpskyf en hamergooi en brons in gewiggooi, werpskyf en gewigstoot. Die volgende byeenkoms vind van 4-6 Mei by die Groenpunt-stadion in Kaapstad plaas.

Ruzanne van Staden van Laerskool Eugene N. Marais in Mookgophong het deurgedring na die finale ronde van Limpopo-netbalproewe wat op Vrydag 21 April in Polokwane plaasgevind het. Ruzanne het uitgestaan op die baan en die skool is baie trots op haar.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button