Local sport

Laat waai, Kwagga!

Rugbyaanhangers het op Vrydag 14 April ’n naelbyt-kragmeting tussen die Kwagga-rugbyklub van Bela-Bela en die Mogol-rugbyklub op Hoërskool Warmbad se rugbyveld aanskou.

Die eerstespanne het mekaar in ’n titaniese stryd aangevat met die spelers van Mogol wat die hanteringsfoute van die Kwaggas uitgebuit het.

Die eindtelling was 19-13 in Mogol se guns. Die Kwaggas se tweedespan het Mogol met 16-12 gewen.

Die Kwaggas spog met nuwe rugbytruie en is trots op hul eie toegewyde baljoggie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button