Local sport

Jukskeispanne kom byeen

Die Naboom-jukskeiklub het verskeie ander klubs op Saterdag 15 April verwelkom tydens die klub se opedag in Mookgophong.

Altesame 36 spanne se spelers van Mokopane, Polokwane, Middelburg, Boksburg, Thabazimbi, Pretoria, Bela-Bela, Makhado en Mookgophong het hul slag kom wys.

Die Naboom-klubbestuur bedank elke klub en borg wat die suksesvolle byeenkoms moontlik gemaak het en hoop om aanstaande jaar nog meer spanne te verwelkom.

Die span wat in die C2-afdeling uitgestaan het, was Hennie Wagenaar, Lindie Schoonwinkel, Justen van Deventer en Bokkie Trollip.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button