Local sport

Jong spelers steel harte

Laerskool Nylstroom se jaarlikse bulletjierugby en mini-netbaldag het op Saterdag 15 April plaasgevind.

Altesaam 891 spelers en 116 afrigters het aan hierdie groot sportdag, een van die eerstes van die seisoen, deelgeneem.

Die twee o.9-Nylienetbal-spelers, Madelie Smith en Zané van der Merwe wil baie graag daardie bal deur die ring kry en punte aanteken. Hulle speel teen Lord Milner Primary School van Settlers.
Manne, is julle reg? Neil Boonzaier, Jean-Hein van der Merwe, Jan-Adriaan van der Merwe, Kerneels Laurens, Thapelo Mphahlele en Ewan Venter van die Nylies se o.7-rugbyspan, die Gemsbokke, is reg om hul drieë te gaan druk.
Dit is nie net die manne wat gespeel het dat die stof so staan nie. Die meisies het die netbalbane aan die brand gespeel. Hier is die o.7-spanne van Laerskool Nylstroom en Julian Muller in aksie.
Aartsvyande op die rugbyveld, maar as die wedstryd verby is, is Frederik Marx van Laerskool Warmbad en Aiden van Hulst van Laerskool Nylstroom, groot vriende. Hulle is o.8-rugbyspelers wat deelgeneem het aan die Nylies se bulletjierugby- en mini-netbaldag.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button