Local sport

Balle begin rol in sakeliga

Die balle is weer gerol en die eerste deel van die sakeliga van die Naboom-rolbalklub in Mookgophong is afgehandel.

Daar sal in Junie en September weer kompetisies gespeel word waarna die eerste agt spanne sal deurdring na die finale ronde wat in November gespeel sal word.

“Ons Maart-liga was ’n reusesukses. Baie dankie aan almal wat deelgeneem het,” het Marie Bainton, die klub se skakelbeampte, gesê.

Altesame 12 spanne het ingeskryf.

Die span van Dunlop het met die louere weggestap, SPAR se span was tweede en Local Choice-apteek was derde. Die spelers van die Dunlop-span het ook die geesbeker gewen. Die ander spanne wat deelgeneem het, was Obaro, Buildit, Mengelmoes, Plaas Saadskiet, NR Metals, Arrie Nel Apteekgroep, Loggies Bargains, Krispie Farms en Laerskool Eugène N. Marais.

Die volgende ronde begin op Dinsdag 30 Mei en sakeondernemings word genooi om saam te speel.

“Ons vra dat nog ondernemings moet inskryf sodat ons die kompetisie kan versterk,” het Bainton gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button