Local sport

Veerpyltjieklub se pyle tref die kol

Lede van die Naboom-veerpyltjieklub in Mookgophong het hul goed van hul taak gekwyt toe hulle op Saterdag 1 April in Trichardt in Mpumalanga aan ’n interprovinsiale kompetisie deelgeneem het.

Spanne van Limpopo, Mpumalanga en Noordwes was daar in aksie.

Die klub is in Januarie 2023 gestig en bestaan tans uit 25 lede. Ná die onlangse Limpopo-proewe wat in Polokwane gehou is, is 15 van dié klub se spelers vir die Limpopo-span gekies om aan die kompetisie deel te neem.

“Ons is baie trots op ons spelers en ons sien uit na die volgende kompetisie,” het Wayne Botes, president van die klub, gesê.

Die klub vorm deel van die Modimolle- Mookgophong Assosiasie.

Limpopo het 24 spelers vir die kompetisie ingeskryf en goeie welslae behaal. Die vroue en mans seniorspanne het brons medaljes verower. Die mansmeesters, vroue pare en junior gemengde paar het ook brons medaljes gewen. Vir die spanne van die vrouemeesters, meisies juniors, junior pare en die vroue enkels was dit ’n groot pluimpie toe hul silwer medaljes ontvang het.

Die klub vergader elke Vrydagaand by 9de Straat 61 om te oefen en inwoners is welkom om deel te word van dié lekker sportsoort.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button