Local sport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Modimolle golfer Tiaan Diedericks (pictured with Jacques van Dyk from the Koro Creek Golf Club) won the club championships at the club with an excellent score of 144. Johan Swart, the defending champion, was second and Hendrik van der Schyff, the senior champion, was third. Hennie Michau dominated the nett score and played himself into a new handicap. Dawie Rynners Junior was the winner in the B division and Lou Maritz was the winner in the C division. Bernice Hendriks won the ladies’ championship.
Vier veteraan-atlete van Modimolle het baie goed presteer tydens die Gauteng-Noord Meestersatletiek se Claude Sterley Grand Prix vir worpe wat op Saterdag 25 Maart gehou is. Die vroue het in verskillende ouderdomsgroepe meegeding. Die vroue het verskeie medaljes teruggebring: Annette van Dyk (65) wen ’n silwer medalje, Miggie van der Walt (70) verower ook ’n silwer, Babsie Grobler-Crafford (75) wen ’n silwer medalje en Ria Ludick (75) het haar item gewen en ’n goue medalje huis toe gebring. Die volgende byeenkoms is die Gauteng-Noordkampioenskap wat van 21 tot 22 April by Pilditch-stadion in Pretoria gehou word.

’n Talentvolle atleet van Hoërskool Warmbad, Lethabo Simango, is vanaf Donderdag 23 Maart by Atletiek Suid-Afrika (ASA) se jeug- en juniorveld- en baan-kampioenskap in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, betrokke. Hy neem deel aan die 800 m en 1500 m.

Laerskool Nylstroom se bekkigste redenaars het op 8 en 13 Maart aan die skool se interne ATKV-redenaarskompetisie deelgeneem. In die afdeling vir gr. 6 tot 7-leerders was Paul du Plessis eerste, Dominique Blignaut tweede en Mia Ferreira derde. Hulle kwalifiseer om aan die eerste uitdunronde van die ATKV-redenaars deel te neem. Dit vind op 20 en 21 April in Mookgophong plaas. In die afdeling vir gr. 1 tot 3 was Darius Lessing eerste, Emma Boonzaier tweede en Lex Bruyns derde. In die afdeling vir gr. 4 tot 5 was Johanni du Plessis eerste, Lize van der Walt tweede en Enrico van Tonder derde.
Lex Bruyns was derde in die afdeling vir redenaars van gr. 1 tot 3.
Emma Boonzaaier was tweede in die afdeling vir redenaars in gr. 1 tot 3.
Darius Lessing was eerste tydens Laerskool Nylstroom se interne redenaarskompetisie in die afdeling vir gr. 1 tot 3. Hy kwalifiseer om deel te neem aan die eerste ATKV-uitdunronde in April.
Lize van der Walt het ’n tweede plek gekry. Sy het deelgeneem in die afdeling vir gr. 4 en 5-leerders. Langs haar staan die hoof, Roelf Vorster.
Johanni du Plessis was eerste in die afdeling vir redenaars in gr. 4 en 5. Sy kwalifiseer om deel te neem aan die eerste ATKV-uitdunronde. By haar staan die hoof, Roelf Vorster.
Laerskool Nylstroom se Enrico van Tonder was derde in die afdeling vir gr. 4 en 5-leerders. Langs hom staan die hoof, Roelf Vorster.

Twee gr. 10-leerders van Hoërskool Nylstroom, Hesmé Holtzhausen en Megan van der Merwe, neem van 25 tot 29 Maart deel aan die interprovinsiale tennistoernooi in Pretoria. Hesmé beklee die eerste plek vir meisies o.19 in Limpopo en Megan die tweede plek.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button