Local sport

Ruiters skop stof op

Die Sanadors-ruiterklub in Bela-Bela het die afgelope naweek ’n opwindende uitdaagreeks vir ruiters en toeskouers aangebied.

Heinrigh Baars, leerder van Hoërskool Hans Strijdom, en sy perd Chesta verdien ’n klop op die skouer vir hul puik prestasie tydens die Sanadors-uitdaagreeks in Bela-Bela.

Die geleentheid was die jaarlikse Limpopo kwalifiserende ronde van die South African Western Mountain Games Association (Sawmga) en South African National Equestrian Schools Association (Sanesa).

Ongeveer 165 ruiters van Limpopo, Gauteng, die Vrystaat en Noordwes het deelgeneem vir ’n plek in die volgende ronde wat einde April in Tzaneen plaasvind.

Talle rekords is die naweek verbeter en verskeie ruiters sal voortaan in hoër vlakke kan deelneem.

Die organiseerders was baie tevrede met die opkoms en dankbaar teenoor die borge wat die dag moontlik gemaak het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button