Local sport

‘Vat hom Dawie’ — net op regte plek

’n Nuwe rugbyreël rakende wettige duikbewegings kan die spel aansienlik verander.

SA Rugby het verlede week in ’n verklaring gesê die Wêreldrugby Federasie beoog om die wettige duikbeweginghoogte in wedstryde te verander sodat spelers hul opposisie slegs in die middel van hul lyf mag duik. Wêreldrugby se ondersoek dui daarop dat 74% van alle rugbybeserings veroorsaak word deur duikbewegings.

Rugbyspanne word veral gestraf wanneer een speler ’n ander te hoog probeer duik, gryp en grond toe bring.

Die beoogde laerduikreël is sedert 2019 in lande soos Fiji, Frankryk, Georgië en in Suid-Afrika op ’n toetsbasis by sekere klubs ingestel.

Die terugvoer is dat minder spelers ernstige kopbeserings opgedoen het as wat normaalweg op ’n veld gebeur en ook dat die bal meer konstant in beweging gebly het. Spelers was ook heel positief oor die reël, lui die verklaring.

Drummond Hammond, Kwagga-klubvoorsitter in Bela-Bela, sê amateurklubs het nog geen duidelike terugvoer ontvang nie, behalwe dat die beoogde reël deur die Suid-Afrikaanse rugby-unie (Saru) en ander betrokke unies bespreek word.

“Ons huidige reëls lui dat ’n wettige duikbeweging onder die skouer gedoen mag word. Indien dit later verander dat spelers mekaar laer moet duik, dink ek dit sal beserings beperk.”

SA rugby beoog om die voorstel met hul unies, asook die Suid-Afrikaanse skolerugbyvereniging (Sasra), te bespreek.

Wêreldrugby se jaarberaad vind in Mei plaas.Indien die nuwe reël ingestel word, sal dit slegs van toepassing wees op skole- en klubrugby.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button