Local sport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Spelers van die Naboom-jukskeiklub het verlede naweek ’n toernooi in Pretoria bygewoon en die klub se naam hoog gehou. Daar was altesame 33 spanne wat aan die toernooi deelgeneem het. Naboom se B-span het eerste geëindig. Hulle is Timotheus Verster, Thomas Venter (Gauteng-Noord-voorsitter), Johan Derksen (Elarduspark), Pieter du Plessie, Tinus Nieuwoudt en Hendrik Nel. Die Naboomklub beplan ’n opwindende opedag op Saterdag 15 April in Mookgophong.

Juan Muller van Hoërskool Hans Strijdom het tydens die provinsiale skaakproewe op Saterdag 11 Maart by Northern Academy in Polokwane presteer. Hy het ’n sesde plek uit die 66 deelnemers in sy ouderdomsgroep behaal.
Erik Rautenbach van Hoërskool Hans Strijdom het aan die Suid-Afrikaanse praktiese pistoolskietkompetisie in Alberton deelgeneem. Dit is die eerste van twee nasionale kompetisies. Hy het in die junior kategorie (tot o.21) deelgeneem en ’n derde plek behaal.
Janneman Benson, Cara Louw en Marcus van der Walt van Hoërskool Hans Strijdom het tydens die Limpopo-atletiekkampioenskap gekwalifiseer om die provinsie by die ASA nasionale kampioenskap te verteenwoordig. Benson is naaswenner in die skyfwerp vir seuns o.18 (hy is tans 16 jour oud). Sy beste afstand hierdie seisoen is 50,54 m. Cara Louw het die goue medalje by die Limpopo-kampioenskap gewen. Sy spog tans met die naasbeste afstand in spiesgooi vir meisies o.17 in Suid-Afrika met ’n afstand van 45,8 m. Marcus Van der Walt het die Limpopo-kampioenskap in die 400 m vir seuns o.18 gewen en spog met ’n tyd van 50,19 sekondes. Die Suid Afrikaanse kampioenskap is van 22-25 Maart in Pietermaritzburg.
Twee leerders van Hoërskool Hans Strijdom, Dene Cornelius (gr. 11) en Marlize de Ridder (gr. 9), het op Saterdag 11 Maart aan die Limpopo-
veerpyltjieproewe deelgeneem. Dene het ’n eerste plek behaal en Marlize ’n derde plek. Albei die meisies dring deur na die nasionale proewe einde Maart.
Die Hansies se Cara Louw se atletiekprestasies ken geen perke nie. Sy het gekwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse-skolekampioenskap en die ASA- nasionale kampioenskap in spiesgooi en is ook verkies om Limpopo in sewekamp (heptathlon) tydens die senior Suid-Afrikaanse kampioenskap in Potchefstroom te verteenwoordig. Om verkies te word moet ’n atleet in al sewe items op liga-byeenkomste presteer. Sewekampatlete moet reeds ’n SA-atleet in een van die sewe items wees. Elke provinsie kies een tot drie atlete. Limpopo stuur vanjaar net twee. Die items waaraan sy deelneem, is 100 m hekkies, hoogspring, gewigstoot, 200 m, verspring, spiesgooi en 800 m. Die kampioenskap vind oor twee dae plaas.
Hoërskool Hans Strijdom se gimnaste blink vanjaar uit. Vier van die 14 gimnaste wat gekies is om aan die SA Cup 2023 deel te neem, is Hansies. Hulle is Divan Marais, Megan Cary-Smith, Jayden van Wyk en Kylie Viviers.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button