Local sport

Warrie-meisies wys hul staal

Hoërskool Warmbad en Allen Glen High School van Gauteng het op Saterdag 11 Maart kragte gemeet op die Warries se tuisveld.

Dit was ’n goeie geleentheid vir albei skole om hul rugby- netbal- en hokkievaardighede op te skerp voordat die ligawedstryde begin.

Die Warries se rugbyspanne het vasgeval teen die spanne van Johannesburg, maar die Warrie-meisies het hulle goed van hul taak gekwyt.

Die Warries se o.15-netbalspan word reeds as ’n span van formaat gereken nadat hulle Allen Glen High School met 19-1 geklop het. Dié span het op Dinsdag 14 Maart verder presteer tydens ’n Mini World Cup-toernooi in Thabazimbi teen ander topskole. Die o.15 Warries het algeheel tweede in die toernooi geëindig.
Hoërskool Warmbad is baie trots op hul o.14-netbalspan wat die Allen Glen-span met 11-0 gewen het tydens ’n vriendskaplike byeenkoms op die Warries se tuisveld.
Hoërskool Warmbad en Allen Glen High School se eerste netbalspanne het verlede week gesorg vir naelbytoomblikke. Die Warries-spelers het daarin slaag om Allen Glen met 17-14 te wen.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button