Local sport

Skole meet kragte

Hoërskool Nylstroom het op Saterdag 10 Maart op hul tuisveld kragte in opwarmingswedstryde teen Hoërskool Frikkie Meyer van Thabazimbi se B-spanne gemeet voordat die liga in alle erns begin. Die twee skole neem aan verskillende ligas deel.

Die tweedespan het hul wedstryd teen Hoërskool Frikkie Meyer oortuigend gewen en die eindtelling was 22-7.
Die o.16-span het kookwater-rugby gespeel en vir Thabazimbi gewys wie is baas op die rugbyveld. Die eindtelling was 40-7.
Die speler van die wedstryd in die o.16-kragmeting is ook ’n Nylie. Wihan Bezuidenhout het harde aanvallende spel gespeel en die Nylies het die gapings gebruik om punte aan te teken.
Gavin Smith, wat vir die eerstespan uitgedraf het, is aangewys as die speler van die wedstryd.
Divan Mulder van die tweedespan is aangewys as speler van die wedstryd ná hul kragmeting. Die Nylies se Marnus Rontgen is gekies as beste speler by die o.15-span en Peet Snyman by die o.14’s.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button