Local sport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Stephan Smith het ’n tweede plek met sy Yamaha 250FX-motorfiets tydens die eerste ronde van die Suid-Afrikaanse nasionale veldrykompetisie op Saterdag 4 Maart verower. Dit het by die Legends Adventure Farm buite Rayton plaasgevind. Smith, wat deel is van Team Gravity in Modimolle, neem deel in die Q1-kategorie vir ryers vanaf 16 jaar en ouer.

Veteraan-gholfspelers van die Koro Creek-seniorsgholfklub in Modimolle het op Dinsdag 7 Maart weer hul maandelikse byeenkoms by die Koro Creek-gholfbaan gehou. Die klub kom elke eerste Dinsdag van die maand byeen. Die wenner van die maandbeker is Jack Radford wat ’n algehele telling van 67 aangeteken het. Die klub nooi almal bo 60 om by hulle aan te sluit. Vir navrae skakel tel. 082 772 9564.

Laerskool Eugène N. Marais in Mookgophong is baie trots op Thianessa Stols nadat sy die verspringrekord tydens die Limpopo-atletiekkampioenskap in Polokwane in haar ouderdomsgroep verbeter het. Die nuwe rekord is 4,10 m. By haar staan haar trotse afrigters, Marius van den Berg en Bessie Buys.

Die skaakspelers van Hoërskool Nylstroom het die afgelope naweek deelgeneem aan Capricorn High School se kwalifiseringstoernooi in Polokwane. Tiisetso Selema het ’n tweede plek en ’n silwermedalje verower en Jandré Neethling het ’n derde plek en ’n bronsmedalje gekry.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button