Local sport

Nylie-atlete slyp hul tande vir medaljes

Die atlete van Hoërskool Nylstroom is oorgehaal vir die 59ste Bosveld Interhoër wat op Saterdag 25 Februarie by Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal plaasvind.

Tariro Nkosi het reeds twee silwer medaljes vir hoogspring tydens die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap verwerf. Sy neem deel aan hoogspring en die 100 m-hekkies vir meisies o.17.

Die dag wanneer hulle die vrugte van die lang ure se oefening op die atletiekbaan sal pluk, is voor die deur.

Toeskouers kan gerus die volgende Nylies dophou: Die blitsige Daniël Briel het tot dusver ’n goeie seisoen agter die blad en neem deel aan die 200 m en die 400 m vir seuns o.19. Ofentse Baloyi neem deel aan die 100 m en die 400 m-hekkies vir seuns o.19. Die veelsydige atleet Kgethego Matlou tree aan vir die 400 m, 800 m en 1500 m vir seuns o.15. Tiaan Steffen wys sy vernuf in die skyfwerp en gewigstoot vir seuns o.16. Ditsego Modishane neem deel aan die 100 m vir seuns o.14.

Mieke Mienie sal haar slag wys in die 100 m, 200 m en die verspring vir meisies o.16.

Die meisiesatlete staan nie ’n tree terug nie. Die haastige Mieke Mienie sal haar slag wys in die 100 m, 200 m en die verspring vir meisies o.16. Tariro Nkosi, wat reeds twee keer tweede plekke tydens die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap vir hoogspring behaal het, neem deel aan hoogspring en die 100 m-hekkies vir meisies o.17. Cheline van Jaarsveld neem deel aan die skyfwerp en gewigstoot vir meisies o.15 en Lindi Loots, die Nylies se hoofmeisie, aan die 100 m en 200 m vir meisies o.19. Naledi Khoza sal wegspring in die 200 m, 400 m en 800 m vir meisies o.14 items.

Kgethego Matlou is reg vir die 400 m, 800 m en 1500 m vir seuns o.15.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button