Local sport

Jukskeispelers mik vir naaste aan pen

Ywerige jukskei-spelers van Limpopo het die afgelope naweek aan ’n senior opedag in Gauteng deelgeneem.

Die spanne is gekies van spelers uit Mokopane, Modimolle, Soutpansberg, Polokwane, Thabazimbi en Mookgophong.

Die Naboom-jukskeiklub het ses spelers gehad wat in die Limpopo-span opgeneem is.

Die spelers het puik spel gelewer en in die topdrie posisies in hul onderskeie afdelings geëindig.

Die Limpopo-span in die ope-afdeling met Chris Swanepoel (kaptein), Werner Swanepoel, Paul Els en Timmie Verster was algeheel tweede in die toernooi.
Spelers van die Limpopo-vrouespan, Adrie Muller, Gerthy van der Merwe, Rina Colyn en Helena Marais (kaptein), het ’n derde plek verower.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button