Local sport

Klein karre, groot lawaai!

’n Groep Volkswagen-entoesiaste van Modimolle het vir die vyfde agtereenvolgende jaar met die klanktrofee by die jaarlikse Vdub Campfest-byeenkoms weggestap.

Dit word in Bela-Bela gehou. Die byeenkoms lok jaarliks gedurende die eerste week van Februarie mense van regoor die land. Dit was vanjaar die 15de keer dat die byeenkoms aangebied is.

Die Modimolle Audio Design (MAD)-span was baie in hul skik met die twee trofeë waarmee hulle die afgelope naweek weggestap het. Die span bestaan uit Desmond Pema, Justus Immelman,

Zubair Mosam, Yolande Van Wyk en Wikus Nienaber. Pema se motor het die eerste plek in die “Low and loud wall advance 152,9 db op 28 hz”-afdeling losgeslaan. Mosam se voertuig het weggestap met die louere in die “High and loud wall advance 141,4 db op 50 hz”-afdeling.

Daar was altesame 238 inskrywings.

Die beoordelaars kyk tydens die kompetisie na die klankgehalte van die pasgemaakte klankstelsels wat in die voertuie ingebou word.

“Die waarde van die klankstelsels is aansienklik hoër as die waarde van die voertuie,” het Immelman verduidelik.

“Alles word doelgemaak vir die voertuie en die kompetisie. Die voertuie is ook toegerus met lugvering.”

Die voertuie wat gebruik is, is twee Volkswagen Golfs waarvan die een ’n 2005-model is en die ander ’n 2007- model.

Volgens Immelman is hulle al jare lank doenig met dié stokperdjie en verskaf dit die groep groot genot. Hulle installeer ook klankstelsels vir kliënte.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button