Local sport

Nuwe rekords vir Nylie-atlete

Die rekords het gespat tydens Hoërskool Nylstroom se huissport wat op Vrydag 19 Januarie gehou is.

’n Rekord wat reeds 25 jaar lank gestaan het, is een van die grotes wat geval het. Een van die groentjies, Ditsego Modinshane, het die 100 m-rekord vir seuns o.14, wat in 1998 deur Erich du Toit opgestel, is aan flarde gehardloop. Die vorige rekord was 12,30 s en is verbeter na 12,10 s.

Ditsego Modinshane word geluk gewens deur die skoolhoof, Anton du Plessis.

Die ander rekordbrekers was Tshimega Sebonego in die 110 m-hekkies vir o.19-seuns (opgestel deur Masilana Zakhele in 2012), Tariro Nkosi in die hoogspring vir o.17-meisies (René van der Merwe, 2003), Tiaan Steffen in die diskus vir o.16-seuns (Herco Seegers, 2018) asook in die gewigstoot (Herco Seegers 2018), Amy-Jane de Villiers in die spiesgooi vir o.15-meisies (Anika Holtzhausen, 2019) en Wihan Bezuidenhout in die spiesgooi vir o.16-seuns (D. Badenhorst, 2003).

Die trofeëwenners is (voor) Amy-Jane de Villiers, Jessica Putter en (agter) Kgethego Matlou, Daniël Briel, Tiaan Steffen, Tariro Nkosi, Tsimega Sebonego, Mamiki Sebothama, Ofentse Baloyi en Mieke Minie.

Mieke Minie was nie net die beste atleet van die dag nie, maar ook die senior Victrix Ludorum en beste meisie in naellope. Die senior Victor Ludorum was Daniël Briel. Die junior Victor en Victrix Ludorum was Kgethego Matlou en Amy-Jane de Villiers.

Amy-Jane de Villiers verbeter die spiesgooi-rekord vir o.15-meisies.
Tiaan Steffen verbeter die gewigstoot- en diskusrekords vir o.16-seuns.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button