Local sport

Nylies mik hoog tydens huissport

Verskeie rekords het op dié dag gespat.

Laerskool Nylstroom se huissport het op Donderdag 19 Januarie plaasgevind en die Patryse en Fisante het mekaar oudergewoonte die stryd aangesê.

Surika Jansen van Rensburg het die diskusrekord vir meisies o.13 aan flarde gegooi.
Laerskool Nylstroom se hoofseun, Rudolph Kirstein, het die rekords vir spiesgooi en 200 m vir seuns o.13 verbeter.
Die lenige Danelle Roos het in verskeie items presteer. Sy het die 1500 m-rekord vir meisies o.13 gemaklik verbeter. Foto’s: Kobus Pienaar
Die blitsige Henco Marx het ook die rekord vir 200 m seuns o.13 verbeter.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button