Local sport

Nylie-spelers is reg vir seisoen

Die Nylstroom-rugbyklub se spelers is vuur en vlam om einde Februarie aan die Grizzly-toernooi in Pretoria deel te neem ter voorbereiding van die liga wat voorlê.

“Die ligabepalings word eersdaags vasgestel, maar die seisoen behoort in Maart af te skop,” het Jannie Venter van die klub gesê.

“Ons sien uit na die wedstryde wat wag. Daar is heelwat veranderinge gemaak, maar ons wil nie nou te veel uitlap nie.”

Die span oefen op Maandae en Woensdae om 18:00 by Hoërskool Nylstroom.

“Ondersteuners en toeskouers kan uitsien na ’n vol seisoen van rugby kyk sonder dat Covid-19 dit weer kortknip. Ons nooi die gemeenskap uit om ons te ondersteun. Die wedstryde vind meestal op Vrydagaande om 19:00 of 20:00 plaas,” het Venter gesê.

Voornemende spelers of diegene met navrae kan vir Venter bel by tel. 082 372 9853.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button