Local sport

Warrie-atlete slaggereed vir aksie

Daar is genael, spies gegooi, oor hekkies gespring en met mening ver- en hooggespring tydens Hoërskool Warmbad se interhuis-atletiekbyeenkoms op Vrydag 13 Januarie.

Leerders het alles ingesit om te kyk of hulle ’n podiumplek kan kry en só later deel kan wees van die interhoërspan.

Baie van die leerders wat gewoonlik hul maats van die pawiljoene af aanpor, het besluit om vanjaar self hul vernuf op die baan en veld te wys.

Twee nuwe rekord het in die slag gebly. Hasane Sebolao het in die 100 m-hekkiesitem (seuns o.14) die bestaande rekord van Christiaan Oberholster verbeter. Die vorige rekord was 16:59 s, maar Hasane het die afstand in 15:51 s voltooi.

Janco Basson het in die spiesgooi seuns o.17-sy persoonlike beste prestasie behaal.
Dienkie Vorster (15) het ’n nuwe rekord in die meisies o.15-gewigstootitem opgestel.

Dienkie Vorster (o.15) het in die gewigstoot koning gekraai met ’n pragtige afstand van 10,99 m. Sy het Angelic Louw se vorige rekord verbeter.

Die trofeë vir die beste baan- en veldatlete, asook die Victor- en Victrix Ludorumtrofeë, sal op Donderdag 19 Januarie oorhandig word.

Die Warries is elke middag op die atletiekbaan en berei voor vir die Bosveld Interhoërbyeenkoms wat voorlopig op Saterdag 25 Februarie by Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal gehou word.

Hasane Sebolao (14) het die skool se interhuisrekord in die 100 m hekkiesitem verbeter.
Die Warries koester groot verwagtinge van hul langafstandatleet, Lethabo Simango.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button