Local sport

Motorfietsryers ryg medaljes in

Die plaaslike vierwiel- en veldmotorfietsryers van Team Gravity in Modimolle het tydens die agtste en laaste Gauteng Xross Country Club (GXCC)-wedren van die jaar ’n rits medaljes ingepalm.

Die wedren is op Saterdag 26 November in Carletonville gehou en ryers vanoor die hele Gauteng, asook Limpopo en Noordwes, het deelgeneem.

Hennie Michau (senior) het weer stof in die ander vierwielryers se oë geskop in die meestersafdeling. Hy is ook aangewys as die algehele wenner van die GXCC 2022-kampioenskap.

Sy seun, Hennie (junior), het naelskraap die eerste plek tydens die wedren behaal en die algehele vyfde plek in die 2022-kampioenskap verwerf. Die rangleer vir die kampioenskap word op ’n puntestelsel van die hele jaar bereken.

Hennie (junior) Michau besig met ’n onderhoud nadat hy die eerste plek in die vierwiel Q2-afdeling behaal het.

Tiané Thienpont het vyfde geëindig in haar 65cc-wedren en ’n algehele sesde plek behaal. Sy was net een van twee meisies wat in hierdie afdeling meegeding en 115 km afgelê het.

Willem Botha spog met die tweede plek in die 85cc-afdeling en het ’n afstand van 132 km in agt rondtes afgelê tydens die wedren. Hy is algeheel vierde in die 2022-kampioenskap.

Nog twee spanlede, Stephan Smit en Matthias Thienpont, het ook in die toptienplekke in die OR3 Pros 200cc-afdeling geëindig.

Willem Botha spog met ’n tweede plek in die 85cc afdeling tydens die laaste GXCC wedren vanjaar.
Hennie Michau (senior) is die algehele GCXX 2022-kampioenskapwenner in die vierwielmotorfiets se meestersafdeling terwyl sy seun, Hennie (junior), algeheel vyfde in die vierwiel Q2-afdeling geëindig het. Tiané Thienpont (middel) was algeheel sesde in die 65cc-veldmotorfietsafdeling.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button