Local sport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die Kruiskrag-gimnastiekklub van Bela-Bela se leerders het die afgelope week aan die Sone-kompetisie by die Matsportsentrum in Gauteng deelgeneem en goed presteer. Hulle is Lienke Strydom (silwer), Mia-Mari Barnard (brons), Mioné Smith (brons) en Sinzé Oosthuizen (silwer).
Hierdie seunsgimnaste van die Kruiskrag-gimnastiekklub in Bela-Bela het hul klub se naam hoog gehou tydens die onlangse Sone-kompetisie in Gauteng. Henk Rhodes en Divan Nel het elk weggestap met ’n silwer medalje. Die seuns- en meisiesgimnaste het Limpopo tydens die kompetisie verteenwoordig.
Nadia Swartz, leerder aan Hoërskool Warmbad en Wandi’s Dance Studio, het tydens die All-style Dance Association (TADA) se Suid-Afrikaanse kampioenskap in Gauteng puik op die dansvloer gevaar. Sy het ’n eerste plek in die Afro Fusion-kategorie, twee derde plekke in die kontemporêre- en hip hop- en ’n vierde plek in die Jazz-afdeling verower. Sy is deur die beoordelaars onder die toptien dansers in die senior afdeling geplaas.
Twee ywerige skaakspelers van Laerskool Koedoeskop, Marli en Karla Fourie, het die afgelope week die Bosveld vir die eksotiese klimaat van Sri Lanka verruil. Die twee is vroeër gekies om aan die Statebond-skaakkampioenskap in Kaluthara, Sri Lanka, deel te neem. Die twee susters het op Sondag 13 November met die kompetisie begin teen van die wêreld se topspelers. Hul sal na afloop van die kampioenskap op Woensdag 23 November na Suid-Afrika terugkeer.
Hoërskool Nylstroom se o.15-krieketspan het op Donderdag 3 November geskiedenis gemaak toe hulle vir die eerste keer as wenners gekroon is in die Limpopo-finaal. Die Nylies het oortuigend gewen teen Hoërskool Tom Naudé op hul tuisveld in Polokwane. Op die foto is Erlu Fourie, Ruben Viljoen, Gideon Joubert, Johan Bosch, Stefan van Heerden, Rudolph Swart, Niel Bosman, Altus Roos, Brendon Branford, Jaap Stolp, Jannes van Zyl, Tiaan Steffen en Wihan Bezuidenhout. Chloé Pringle is die tellinghouer en Rudie Fourie en Johan Badenhorst die span se afrigters. Saam op die foto is Anton du Plessis (skoolhoof) om die span geluk te wens. “Ons hou ons oë op hierdie puik span en hul afrigters om te sien watter nuwe hoogtes hul in die volgende seisoen (2023) gaan bereik,” het hy gesê.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button