Local sport

La’t wiel!

Die plaaslike veld- en vierwielmotorfietsryers van Team Gravity het puik presteer tydens die sewende GXCC-wedren wat op Saterdag 22 Oktober in Middelburg gehou is.

Die Gauteng X-cross Country Club (GXCC) reël jaarliks die GXCC-klub en die Northern Regional Championship wat uit ’n reeks van agt kompetisies bestaan wat in en om Gauteng plaasvind.

Hennie Michau snr. (onder) het stof in sy teenstanders se oë geskop in die meestersafdeling vir vierwielmotorfietse.

Sy seun, Hennie Michau jnr. (bo) het ’n welverdiende tweede plek behaal in sy vierwielmotorfiets klas (Q2).

Almal sien uit na die laaste GXCC-wedren wat op Saterdag 26 November gehou word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button