Local sport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Twee van die Nylies se meisiestennisspanne het aan die Suidstreek-tennisliga deelgeneem. Die meisies eerstespan — Hesmé Holtzhausen, Gabby Greeff, Elné Joubert en Anika Holtzhausen — het naelskraap die tweede plek behaal terwyl die tweede span met die derde plek tevrede moes wees.
Hierdie Nylies kan met mening kolf en boul dat die paaltjies spat op die krieketveld. Johan Bosch (o.15), Lukas van der Merwe (o.16) en Franco van Zyl (o.19) is opgeneem in hul onderskeie ouderdomsgroepe se provinsiale spanne. Saam met hulle is Rudie Fourie (afrigter) wat verkies is tot die spanbestuurder van die o.15-Limpopo-krieketspan.
Laerskool Nylstroom se eerste krieketspan het met oorgawe die krieketkolwe geswaai en is as wenners van die Limpopo-liga vereer. Hul finale wedstryd teen Laerskool Marble Hall was op Maandag 31 Oktober en hulle het oortuigend met nege paaltjies gewen.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button