Local sport

Bosveld se topjagters sluit 2022 goed af

Die Bosveld-jagtersvereniging se Waterbergtak (BJV) het op Vrydag 4 November tydens hul jaarafsluitingsfunksie by die Maroela Oase-vakansieoord hul fokus op die topskuts van die jaar geplaas. Skuts is vereer vir hul bydraes, vernuf en lojaliteit teenoor die klub en die sport.

Liza Engelbrecht het ’n toekenning as vroueskut van formaat ontvang. Sy was algeheel tweede tydens die konfedera-sie van jagverenigings van Suid-Afrika (CHASA) se Multigun-skietkompetisie wat in September in Rustenburg gehou is. Sy het ook provinsiale kleure tydens die CHASA-baanskiet interprovinsialekompe-tisie in Bloemfontein behaal. By haar is haar trotse man, Jannie Engelbrecht, voorsitter van die BJV.
Jané Cilliers is as die beste vroueskut van die jaar aangewys. Sy het uitgeblink in die .22-skietkompetisie. Japie Cilliers, BJV-ondervoorsitter, het aan haar die wisseltrofee oorhandig.
Jacobus “Koos” Gustav Pienaar het tydens die afgelope BJV-jaareindfunksie met die gesogte Bosskiet-wisseltrofee weggestap. Hy het die meeste punte tydens die BJV se bosskietkompetisie behaal.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button