Home/Sport/Local sport/Oor die wenstreep… Local sport Oor die wenstreep… Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg. October 24, 2022 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Hoërskool Nylstroom se skaakspan het slim skuiwe gemaak tydens hul laaste toernooi vanjaar wat op Saterdag 15 Oktober by die Northern Academy in Polokwane aangebied is. Tiisetso Selema (gr.10) het weereens sy opponente uitoorlê en is met die goue medalje beloon. Sy spanmaats, Jandré Neethling (gr.11) en Tiisetso Nkgodi (gr.10) het hul ook uitstekend van hul taak gekwyt en het sertifikate ontvang vir hul prestasie. Amy-Jane de Villiers is ’n gr.9 leerder van Hoërskool Nylstroom wat ’n krieketkolf met mening kan swaai. Sy het aan die tweede ronde Limpopo o.15 krieketproewe deelgeneem wat op Saterdag 15 Oktober by Hoërskool Hans Merensky in Tzaneen gehou is. Sy het ook vir die junior Harlequin Krieketklub van Pretoria gespeel tydens hul wedstryd op Sondag 16 Oktober. Amy-Jane sal binnekort hoor of sy vir die Limpopospan verkies is wat later vanjaar teen ander provinsiale spanne gaan deelneem. October 24, 2022 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Share Facebook X LinkedIn Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print