Local sport

Naboom-jukskeispelers goed op dreef

Die Leeupoort vakansiedorp buite Thabazimbi was op Saterdag 15 Oktober die gasheer van ’n jukskei-klubkompetisie tydens die oord se 20ste bestaansjaarvieringe.

Die Naboom 1-span was baie tevrede met ’n tweede plek. Hier is Annetjie Herbst, Nannie Coetzee, Lida Genis, Judy Pretorius, Pieter du Plessie en Piet van Wyk de Vries.

Die 16 spanne wat skeie gegooi het, was van Negester, Bela Bos, Leeupoort, Kleinbegin en die Naboom-jukskeiklubs. Naboom se spelers het weggestap met die drie topplekke.

Die klub neem op Saterdag 22 Oktober aan die ligabyeenkoms by Soutpan (Louis Trichardt) deel en op Saterdag 5 November is dit die Gauteng-klubkampioenskappe.

Die spelers sal op Saterdag 19 November aan die derde liga van die Naboomklub deelneem en op Saterdag 3 Desember word ’n rondomtalie-jukskeidag by die Naboomklub beplan.

Die algehele derde plek van die toernooi het gegaan aan die Naboom 3-span: Piet van Wyk de Vries, Jan Pienaar, Bokkie Trollip, Johan Pretorius, Hendrik Nel en Annetjie Herbst

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button