Local sport

Hansies op oorsese velde

Verskeie rugbyspelers van Hoërskool Hans Strijdom het die voorreg gehad om die afgelope vakansie hul vernuf op rugbyvelde in die buiteland te wys.

Drie spelers, Zak Blignaut (vaskopstut), Hannes Fourie (losskakel) en Hendrė Botha (binnesenter) het op Vrydag 30 September vir ’n 12 dae lange rugbytoer na Ierland vertrek waar hulle vir die Bisons uitgedraf het. Die spelers is vir die toerspan gekies nadat hulle aan drie toernooie, die Hansieweek wat in Mookgophong gehou is, die Rustenburg Eeufeesweek en ’n rugbyweek in Durban deelgeneem het. Behalwe rugby speel, het die seuns besienswaardighede besoek. Hulle het twee wedstryde gespeel en ongelukkig moes nog twee wedstryde weens beserings aan die Iere se kant gekanselleer word.

Ryan Botha (flank), Deon Joubert (vleuel), Janneman Benson (flank), Kian du Plessis (agsteman) en Louis Joubert (vleuel) het vir die Junior Barbarians in Frankryk uitgedraf.

Nog vyf Hansie-spelers, Ryan Botha, Deon Joubert, Louis Joubert, Kian du Plessis en Janneman Benson het ’n toer na Frankryk meegemaak as deel van die Junior Barbarians. Hul eerste wedstryd was teen RCC-78 wat uit verskillende klubs, met die hoofklub La Celle St. Cloud, saamgestel is.

Die ouderdomsgroepe wissel tussen o.16- en o.18-spelers en die Junior Barbarians het die wedstryd met 26-20 gewen. Die tweede wedstryd was teen St. Denis wat almal o.16-spelers was. Die Junior Barbarians spog met ’n eindtelling van 77-0.

Ewald Immelman, ’n gr. 10-leerder, het as lid van die o.16 Gladiatorspan na Italië getoer waar hulle drie wedstryde gespeel het. Die eerste wedstryd teen AS Villorba-rugbyklub het hulle met 24-17 verloor, die tweede wedstryd teen Del Chiese Club het die Gladiators 30-15 gewen en die laaste wedstryd teen Valpolicella-rugbyklub van Verona, het hulle met 19-10 verloor. Dit was egter ’n baie lekker toer en die seuns kon die Ferrari-museum besoek waar hulle in die kuipe kom kuier.

Ewald Immelman (agsteman) het vir die Gladiator se o.16-span in Italië gespeel.

Hulle was ook bevoorreg om ’n bootrit in Venesië te geniet.

“Ons is baie trots op die seuns en ek glo ons gaan in die toekoms nog baie van hulle sien en hoor,” het Lebu van Heerden, sportadjunkhoof van die Hansies, gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button