Local sport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die o.12-meisie-atlete van die Euphorbia Christelike Onafhanklike skool in Mookgophong het tydens die afgelope landloopbyeenkoms by Koedoeskop Laerskool as die wenspan in hul ouderdomsgroep uitgetree. Hier is Lize Janse van Vuuren, Mia Botha en Elouise Pretorius.
Atlete van die Euphorbia Christelike Onafhanklike skool in Mookgophong het op Woensdag 7 September by Laerskool Koedoeskop hul landloopseisoen afgesluit. Hierdie Euphorbia-atlete het almal onder die top 10 geëindig. Voor is Sebastiaan Rabie en Josua Kapp. In die middel is Miané Loots, Kara Muller, Izelke Nell, Livia Venter en Ina-Marie Fouché. Agter staan Luan Venter, Willem Botha, Rejeanne Bodemer, Mia Botha, Lize Janse van Vuuren, Hilde Fouché (10de) en Liam Reeves.
Landloopatlete van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool het op Woensdag, 31 Augustus, aan ’n landloopbyeenkoms by Laerskool Julian Muller deelgeneem. Die atlete het goed gehardloop en elkeen het in hul onderskeie groepe onder die top 10 geëindig. Voor is Miané Loots, Ina-Marie Fouché, Zanco Smit, Izelke Nellm, Livia Venter, Kara Muller en Sebastiaan Rabie. Agter is Luan Venter, Hilde Fouché, Mia Botha, Rejeanne Bodemer, Lize Janse van Vuuren en Willem Botha.
Die fietsryers van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het getrap dat die stof so staan tydens die derde skolefietsryreeks wat op Saterdag, 27 Augustus, by Stanfordlake College gehou is. Voor is Sebastiaan Rabie (6de) en Herlo Genis (3de). Agter is Mary-Jane Rabie (7de), Wihann Schalekamp (3de) en Michiel Genis (6de). Wihan en Herlo is ook gekies vir die Limpopo-fietsryspan wat later vanjaar gaan meeding.
Wihann Schalekamp (o.12) en Robert Abrahamse (o.13) van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong neem tussen September en Oktober deel aan die Limpopo-proewe, om in aanmerking te kom vir die Limpopo-streek krieketspan.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button