Local sport

Hansies sluit wintersport op ’n hoë noot af

Lebu van Heerden, Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong se adjunkhoof vir sport, is trots op die goeie uitslae wat die Hansies by die Sewes Blitzfees behaal het.

Die rugbydag is op Saterdag 3 September by Pietersburg Hoërskool gehou.

Die spanne het meegeding om vier trofeë, beker, plaat en skild.

Twee van die skool se rugbyspanne, die o.17A- en o.15A-spanne, het in hulle onderskeie ouderdomsgroepe die plaat-afdeling gewen. Albei spanne het teen Hoërskool Frans du Toit in die finaal gespeel. Die o.15 B-span het die skild gewen en het teen Hoërskool Ellisras in die finaal gespeel.

Tianė de Jager van die Hansies in aksie tydens die Quick 6 hokkiewedstryd.

“Die seuns het baie goeie rugby gespeel en ons is veral trots op Marcus van der Walt, Neville Barnard, Tiaan du Plessis en AJ Loots,” het Van Heerden aan Die Pos gesê.

Die Hansies se hokkiebokkies het ook op 2 September aan die Blitzfees, Pietie Makietie deelgeneem. Nie minder as 49 hokkiespanne uit Limpopo het aan hierdie “Quick 6” deelgeneem en tagtig wedstryde is gespeel. Die toernooi is in twee ouderdomsgroepe, o.15 en o.17 verdeel.

Op dieselfde dag het die o.15-krieketspan hulle wedstryd teen Hoërskool Ben Viljoen gewen. Die Hansies se tennisspan het ook die seisoen afgesluit met `n 10-7 oorwinning teen Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane.

Die o.17-rugbyspan van Hoërskool Hans Strijdom, is die plaat-wenners tydens die Sewes-rugbydag by die Blitzfees in Polokwane. Hulle afrigter is Renaldo Dorfling.
Die o.15 B-rugbyspan is die skildwenners. Hier is die span se afrigters, Naas Müller Juan Kotze.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button