Local sport

Hoe lekker laat slimmes die skaakstukke tuimel

Die skaakstukke het getuimel toe die slimkoppe mekaar uitgedaag het tydens die tweede ope-skaaktoernooi wat in Mookgopong gehou is.

Die skaaktoernooi het op Vrouedag, Dinsdag 9 Augustus, in Hoërskool Hans Strijdom se skoolsaal plaasgevind. Die 30 skaakspelers, wat spelers van Pretoria, Mokopane en Groblersdal ingesluit het, was slaggereed om hul beste spel te lewer.

Die toernooi is gespeel volgens internasionale skaak-reëls. Die program het vyf rondes van 30 minute per spel toegelaat en het om 09:00 begin en teen 12:20 was dit tyd vir die prysuitdeling.

Volgens Gawie le Roux, organiseerder van die toernooi, het hulle volgens die “Swiss Pairing”-sisteem gespeel wat beteken die volgende ronde se loting word bereken volgens die uitslag van die voorafgaande ronde.

Die vrou wat die beste gevaar het in die toernooi, was Malopi Malatsi van Groblersdal. Sy het ’n spesiale prys ontvang.

“Baie dankie aan Kobus Briel, sakeman van die dorp, wat spelers ondersteun het met inskrywingsgeld en van die pryse geborg het,” het Le Roux gesê.

Carlo Vorster, onderwyser by die skool en ook betrokke by die skool se skaakspan, was verantwoordelik vir bystand en tegniese reëlings van die toernooi.

“Van ons streek se juniorspelers (o.16 en o.20) sal op Saterdag 20 Augustus en die (o.10, o.12 en o.14-spelers) op Saterdag 27 Augustus in Polokwane deelneem. Dit is die eerste van ’n reeks toernooie wat dien as kwalifiserende rondes vir die 2023 SAJCC (South African Junior Chess Championship). Ons wens hulle almal baie sterkte toe,” het Le Roux gesê.

Vir inligting bel vir Gawie le Roux by tel. 071 688 4912.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button