Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Heinrich Steffen (gr. 12) van Hoërskool Nylstroom het van Sondag 3 Julie tot Saterdag 9 Julie aan die gesogte o.18 Cravenweek in Rondebosch in die Kaap deelgeneem. Heinrich het vir die Limpopo Blou Bulle-span uitgedraf. Hy het na afloop van die toer gesê dit was ’n onvergeetlike ervaring en sy lekkerste rugbytoer nog.
Hierdie drie jong rugbyspelers (o.9) van Laerskool Warmbad in Bela-Bela het die afgelope naweek hul eerste klubrugby-wedstryd by die Harlequins-rugbyklub in Pretoria gespeel. Dit was vir hulle ’n groot ervaring, het hul ouers gesê. Die manne is Ian Olivier, Ruan Nel en Jaydin Heath.
Gavin Smith, Ofentse Thaba en Franco van Zyl, gr. 12-leerders van Hoërskool Nylstroom, het van Sondag 26 Junie tot Vrydag 1 Julie vir die VKB o.19-span gespeel tydens ’n toernooi wat in Reitz gehou is. “Die wedstryde was baie hard en vinnig — baie anders as gewone skoleligarugby. Dit was ’n ongelooflike ervaring,” het Gavin gesê.
Die o.15-rugbyspan van Hoërskool Nylstroom is die naaswenners in Limpopo na afloop van hul wedstryd teen Hoërskool Frans du Toit van Phalaborwa in die finaal. Die telling was 15-11 in Frans du Toit se guns. Foto: Herman Steyn
Die Nylies se o.16-span deel vanjaar die ligabeker nadat hul 17 elk gelykop gespeel het teen Curro Heuwelkruin (Polokwane). Foto: Herman Steyn
Hoërskool Nylstroom se o.14-rugbyspan is die ligawenners nadat hulle Hoërskool Louis Trichardt met 22-21 in ’n naelbytwedstryd gewen het. Foto: Herman Steyn

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button