Local sportSport

Geveerdes uit plaaslike klubs mik na nuwe hoogtes

Die Nylstroom- en Sonskyn-duiweklubs se wedvlugduiwe het op Saterdag 16 Julie afstande van tussen 450-520 km vanaf Glen buite Bloemfontein na onderskeidelik Modimolle en Bela-Bela afgelê.

Peet Venter (jnr.) van die Nylstroom-klub het aan Die Pos vertel die meeste duiwe is Saterdag ingeklok, maar sommiges het oornag en eers Sondag tuisgekom.

Altesame 91 duiwe is in die ope-afdeling om 08:35 in mooiweerstoestande losgelaat. Eben Erasmus, stigterslid van die Nylstroom-duiweklub, se wenduif het ná 511 km om 15:10 ingeklok. Een van sy ander duiwe het die derde plek behaal terwyl Johan Viljoen se duif om 15:17 ingeklok het vir die tweede plek.

Pierre Niemand van die Sonskyn-klub in Bela-Bela se wenduif het ná 450 km om 14:13 ingeklok. Hy het ook die derde- en vierde plek verwerf. Frank Ferreira se wenduif het ná 483 km om 14:39 ingeklok vir ’n welverdiende tweede plek.

In die jongduif-afdeling is 129 duiwe van die Nylstroom-klub losgelaat. Hannes van Jaarsveldt het met die louere weggestap toe sy wenduif ná 508 km om 15:07 ingeklok het. Eben Erasmus se jongduif het om 15:10 ingeklok vir die tweede plek en Johan Viljoen se duif om 15:14 vir die derde plek. Die Van Waveren-broers moes tevrede wees met die vierde plek.

Pierre Niemand se duiwe het skoonskip gemaak in hierdie afdeling toe hulle om 14:09 binne enkele sekondes na mekaar die eerste drie plekke verwerf het. Danie Meyer se duiwe moes met die vierde en vyfde plek tevrede wees.

Albei klubs sal die naweek van 23 Julie vanaf Hopetown vlieg oor ’n baie lang afstand wat oor 650 tot 750 km strek.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button