Local sportSport

Taildraggers lugskou doen dit weer

Die Valke-vliegklub van Bela-Bela het, in samewerking met die Experimental Aircraft Association (EAA), die afgelope naweek die jaarlikse Taildraggers Flyinn-vliegtuigsaamtrek by die munisipale vliegveld in Bela-Bela gehou.

’n Bellanca ligte vliegtuig wat in 1960 vervaardig is, was op Saterdag 2 Julie in die lugruim te sien tydens die Taildraggers Flyinn-geleentheid in Bela-Bela.

Hoewel die aantal vliegtuie minder as by die vorige byeenkoms twee jaar gelede in Modimolle was, het altesame 108 vlieëniers geland en opgestyg.

Die organiseerders sê hul verwagtinge is oortref en het die sukses toegeskryf aan die gemeenskap wat deel was van die saamtrek.

Plaaslike gastehuise het verblyf verskaf en restaurante het ’n oplewing beleef met die aantal besoekers wat in die dorp was om die lugskou by te woon.

Die oudste vliegtuie by die saamtrek was twee Harvard-vliegtuie (gebou in 1942) wat op Sondag 3 Julie in die lugruim bokant Bela-Bela te sien was.

’n RV ZULU X-vliegtuig styg op vanaf die aanloopbaan tydens dié naweek se lugskou in Bela-Bela. Dié vliegtuig is uniek omdat die eienaar en vlieënier sekere komponente en spesifikasies laat ombou het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button