Local sportSport

Warries oppad na Bokkieweek

Hoërskool Warmbad is baie trots op hul sportleerders wat in Mei gekies is om aan die Bokkieweek deel te neem.

Die Bokkieweek word van 4-8 Julie in Kroonstad gehou.

Dienkie Vorster, ’n jong Warrie, is gekies vir die o.14-netbalspan wat die koue in Kroonstad tydens die Bokkieweek sal trotseer.
Pieter Roux, Trystann Ferreira, Rikus Kern en Jayson Verster is Warrie-rugbymanne wat tydens die Bokkieweek in Kroonstad saam met die o.19-spanne sal uitdraf.
Megan Prinsloo en Daniel Verster, twee van die Warries se eerstehokkiespanspelers, sien uit om saam met hul o.18-hokkiespanmaats die ander spanne tydens die Bokkieweek te troef.
Die kookwater Warrie-rugbyspelers Ewan Vorster (o.16), Christiaan Jooste (o.19) en Johanco Potgieter (o.19) sal hul vernuf en vaardighede tydens die Bokkieweek in Kroonstad aanwend.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button