Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Laerskool Thabazimbi is baie trots op hul gedugte o.11-rugbyspan wat op Woensdag 15 Junie as Limpopo-wenners in die provinsiale liga uitgetree het. Thabazimbi het in die semifinale ronde met Laerskool Tzaneen afgereken met ’n telling van 25-14 om hul plek in die finaal te bespreek. Die finale wedstryd teen Laerskool Pietersburg Noord was senutergend vir afrigters, spelers en ondersteuners, maar Thabazimbi kon daarin slaag om Noordskool met 20-19 te klop. Op die foto is die span as die nuwe Limpopo-wenners vir 2022.
Hierdie ywerige gimnaste van die Kruiskrag-gimnastiekklub in Bela-Bela het goeie punte behaal tydens die onlangse gimnastiekkompetisie by die Marshall Gimnastiek-akademie in Mokopane. Voor is Mioné Smit (brons) en Christi Paul (brons). In die middel is Johan Brits (brons) en Frans Brits (brons). Agter staan Henk Rhodes (brons) en Dirk Brits (brons).
Gimnaste van die Kruiskrag-gimnastiekklub in Bela-Bela het op Saterdag 11 Junie ’n kompetisie by die Marshall Gimnastiek-akademie in Mokopane bygewoon. Die kompetisie is bemark as ’n Bosveld ope-gimnastiekdag waar verskeie klubs van regoor die provinsie deelgeneem het. Op die foto is Mia-Marie Barnard (brons) en Sinzé Oosthuizen (brons). In die middel is Lienke Jansen van Nieuwenhuizen (brons) en Lienke Strydom (brons). Agter staan Kayla Berrange (goud), Regard van Rooyen (brons), Marko van Rooyen (brons), Divan Nel (silwer) en Ané Snyman (goud).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button