Local sportSport

Dié Hansies laat die skaakstukke tuimel

Die skaakspelers van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong het hul vakansiedag nuttig gebruik om aan ’n skaaktoernooi by die skool deel te naam.

Die toernooi het op Donderdag 16 Junie (Jeugdag) in die skoolsaal plaasgevind en was vanjaar die eerste ope-skaaktoernooi in die dorp. Altesame 27 skaakspelers, waarvan die jongste tien jaar oud en die oudste 89 jaar oud was, het die dag geniet.

Die toernooi is gespeel volgens internasionale skaak-reëls. Die program het vyf rondes van 30 minute per spel toegelaat. Dit het om 09:00 die oggend afgeskop en die laaste borde is teen 12:20 toegevou.

Die toernooi het volgens die “Swiss Pairing”-sisteem plaasgevind wat beteken die volgende ronde se loting word bereken volgens die uitslag van die voorafgaande ronde. Dit het daartoe gelei dat die oudste deelnemer, Hennie Booysen (89), in die laaste ronde teen die jongste deelnemer, Marnus Botha (10), gespeel het aangesien albei op daardie stadium twee van die vorige vier spelle gewen het.

Die algehele wenner was Johan Pieterse en André Botha was die beste senior. Na afloop van vyf rondes was die uitslae as volg: Die wenner van die 10-12 jaar was Michiel Genis, Roelof Buys was die wenner van die 13-jariges en Juan Miller het geseëvier in die afdeling vir 14-jariges. Die wenners in die ouderdom vir 15-jariges was Thobile Kgabo en Caden van Brakel (gelykop) en Pieter Botes was die wenner van die 16-18-jariges.

’n Sakeman van die dorp, Kobus Briel, het van die spelers ondersteun deur die inskrywingsgeld te borg.

Carlo Vorster en Helena Yzelle, onderwysers by die Hansies, rig die skool se spelers af en het gesorg dat alles vlot verloop tydens die toernooi.

Gawie le Roux het die toernooi gereël en die volgende toernooi sal op Dinsdag 9 Augustus (Vrouedag) weer by die skool plaasvind.

Vir inligting bel vir Gawie le Roux by tel. 071 688 4912.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button