Local sportSport

Hierdie raakvat-Nylies se bloed is blou

Vier leerders van Hoërskool Nylstroom is verkies om hul rugbyloopbane na nuwe hoogtes te neem.

Heinrich Steffen is vir die o.18-Limpopo Blou Bulle Cravenweek-span gekies wat die week van 3-9 Julie by die elite Rondebosch-seunskool in Kaapstad meeding. Direk na afloop van die Cravenweek word die spelers gekies om Suid-Afrika in talle internasionale rugbywedstryde te verteenwoordig.

Franco van Zyl, Ofentse Thaba en Gavin Smith is vir die o.19-Limpopo Blou Bulle se VKB-rugbyspan verkies.

  • Gavin Smith is ’n inwoner van die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle. Hy droom al van jongs af om eendag die Blou Bul-trui aan te trek. Om hierdie droom te bewaarheid, is dit nodig dat hy die rugbytoer einde Junie moet bywoon. Die kinderhuis is op soek na borge vir die toergeld, reis, verblyf en sakgeld. Indien lesers bydraes wil maak, kan hulle vir Marlene de Villiers, bemarker by die kinderhuis, bel by tel. 082 365 3984 vir meer inligting.
Ofentse Thaba is nog ’n rugbyspeler van Hoërskool Nylstroom wat verkies is tot die Blou Bulle se o.19 VKB-span.
Gavin Smith van Hoërskool Nylstroom is nie ’n speler wat maklik gestuit word nie. Dié belowende rugbyspeler is vir die Limpopo Blou Bulle se o.19 VKB-span gekies. Dit was nog altyd Gavin se droom om ’n Blou Bul-trui oor sy kop te trek. Hy is ’n inwoner van die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle en die kinderhuis vra vir ondersteuning om sy droom te bewaarheid.
Heinrich Steffen van Hoërskool Nylstroom is vir die Limpopo Blou Bulle Cravenweek-span gekies wat van 3-9 Julie in Kaapstad deelneem.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button