Local sportSport

Hoërskool Nylstroom se wintersport staan einde se kant toe

Die wintersportseisoen vir hoërskole begin einde se kant toe staan.

Erlu Fourie, ’n gr. 8-leerder aan Hoërskool Nylstroom, het op Vrydag 27 Mei aan die Allegretto Interprovinsiale Eisteddfod deelgeneem. Hy het ’n A+++ (98,8%) in die voorbereide lees behaal en ’n A+++ (97,8%) in die spraak- en drama-afdeling. Hy is genooi na die gala-aand wat op Sondag 24 Julie in Benoni plaasvind. Hy sal ook tydens dié prestige-geleentheid as seremoniemeester optree. Erlu is tans die ambassadeur van die Allegretto Eisteddfod.

Die komende naweek vind verskeie semi-finale wedstryde plaas.

Twee van Hoërskool Nylstroom se hokkiespanne het deurgedring na die Limpopo-liga se uitspeelwedstryde wat op Saterdag 11 Junie by Hoërskool Pietersburg in Polokwane plaasvind. Die eerste hokkiespan kom teen die span van Hoërskool Warmbad in die finale ronde te staan en die o.16-span speel uit teen die span van Hoërskool Frans du Toit van Phalaborwa vir die derde- of vierdeplek.

Daar is drie van die Nylies se rugbyspanne wat op dieselfde dag aan die semifinale ronde by die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé in Polokwane deelneem. Die o.14-span speel teen Hoërskool Frans du Toit, die o.15-span teen Curro Heuwelkruin van Polokwane en die o.16-span kom ook teen die span van Hoërskool Frans du Toit te staan.

Hoërskool Nylstroom se eerstehokkiespan het die afgelope naweek teen Hoërskool Eric Louw van Musina gespeel en ’n groot telling aangeteken. Hier stoei Danielle Goncalves en Madia van Jaarsveld om besit van die bal terwyl Kgomotso Selema toekyk.

Die Nylies se netbalspanne het ook ’n goeie seisoen agter die blad. Die o.14A-, o.17A- en die eerstespan speel ook op Saterdag 11 Junie in die Limpopo-finale in Polokwane. Die o.14A-span was derde, die o.17A-span tweede en die eerstespan was tweede in die Waterberg-distrik. Die o.15A-span neem op Saterdag 30 Julie aan die Limpopo-finaal van die Kay Motsepe-skolenetbaltoernooi deel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button