Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Hoërskool Frikkie Meyer het op Saterdag 21 Mei teen Hoërskool Ellisras in wintersport meegeding. Die Frikkies se o.14 A- en B-rugbyspanne het verloor (19-12 en 33-12). Die o.15 B-span het met 36-0 verloor, maar die A-span het met 32-14 gewen. Die skool se o.16-span het gewen met ’n telling van 26-15, die derde span met 26-10, die tweedespan met 22-20 en die eerstespan het Ellisras met 34-16 gewen. Op die foto bo meet die eerstespanne kragte.
Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi het die afgelope naweek ses uit hul agt netbalwedstryde (links) teen Hoërskool Ellisras gewen. Die wenners was die o.14 A-span (12-2), die o,14 B-span (15-9), die o.15 A-span (24-18), o.15 B-span (14-7), die tweedespan (20-7) en die eerstespan (27-17). Op die foto is die eerstespanne in aksie.
Laerskool Koedoeskop se o.11 A-netbalspan het verlede week deurgedring na die skoleliga-uitdunronde wat op Dinsdag 24 Mei by Laerskool Krugerpark in Mokopane plaasgevind het. Op die foto is die trotste Koedoeskopspan. Voor is Alexi Killa. In die middel is Phumi Maseko, Anke Fourie, Adelley van Tonder, Joné de Klerk en Precious Malaudzi. Agter staan Kaylee Collins, Chané Ras (afrigter), Kaylee de Beer en Skyé Raven.
Die Nylies se skaakspelers het op Saterdag 14 Mei slim skuiwe tydens ’n toernooi in Polokwane gemaak toe hulle in vyf rondes teen spelers van verskeie skole in Limpopo meegeding het. Tiisetso Selema was vierde en Jandré Neethling was vyfde in die o.20-kategorie.
Die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong se landloopatlete het op Saterdag 14 Mei aan die tweede provinsiale landloopliga in Polokwane deelgeneem en pragtig presteer. Die atlete wat in hul onderskeie klasse se toptien was, is Ina-Marie Fouché (brons) en Willem Botha (ne-
gende), saam met hul afrigter, Elbie Janse van Vuuren, wat self ’n bronsmedalje verower het.
Fietsryers van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het die afgelope naweek aan die 4de XCO-fietswed-
ren by die Bouncy Croc-krokodilplaas buite Bela-Bela deelgeneem. Mary-Jane Rabie en Michiel Genis het elk tweede in die o.10- en o.12-afdeling geëindig.
Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi se rugbyspanne het op Saterdag 14 Mei feitlik skoonskip gemaak in hul wedstryde teen Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong. Vyf uit die agt rugbyspanne van Hoërskool Frikkie Meyer het hul wedstryde gewen. Die Frikkies se o.14-A en B-span het onderskeidelik met ’n telling van 17-14 en 25-14 gewen. Die o.15A-span het met 17-10 gewen. Frikkie Meyer se derdespan het met 22-17 gewen, hul tweede span het gelykop geëndig met 7-7 en die eerstespan het alle verwagtinge oortref met ’n finale puntelling van 60-3. Op die foto systap Tristan Baard van die Frikkies die Hansie-voorspelers.
Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi se wintersportspanne het op Saterdag 14 Mei teen Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong te staan gekom. Die Frikkies se netbalspanne het al hul wedstryde gewen. Die o.14 A-span het die Hansies met 16-11 getroef, die o.15 A’s met 32-10, die o.16’s met 18-13 en die Frikkies se eerstespan het met 38-6 gewen. Op die foto is Tuli Mtombeli van die Frikkies se eerstespan in aksie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button