Local sportSport
Rolbalspelers spook dit uit tydens toernooi
Bykans 50 rolbalspelers het sake vanaf Donderdag 12 Mei tot Saterdag 14 Mei tydens die jaarlikse Kranskop Sesse-toernooi uitgespook.
Die toernooi is vir die 15de opeenvolgende jaar deur die Nylstroom-rolbalklub in Modimolle aangebied, met die uitsondering van 2020 toe die toernooi weens die Covid-19-grendeltyd gekanselleer is.
Die agt spanne van ses spelers elk wat oor nege rondes teen mekaar meegeding het, was van verskeie klubs in Bela-Bela, Tzaneen, Irene (Pretoria) en Lynnwood (Pretoria).