Local sportSport

Fietsryers geniet Waterberg-wedren

’n Baie geslaagde bergfietswedren is buite Mookgophong aangebied en fietsryers het van oral gekom om te deel in die pret en natuurlik hul staal in die kompetisie te wys.

Die Bouncy Croc-bergfietswedren het op Saterdag 14 Mei groot belangstelling uitgelok. Altesame 85 deelnemers was vroeg uit die vere om aan die onderskeie mans- en vrouewedrenne deel te neem.

Die wedren is op Saterdag 14 Mei by die Bouncy Croc-krokodilplaas aangebied. Die terrein is baie bergagtig en waterryk en is uiters geskik vir bergfietswedrenne.

Tiaan Rabie, seun van die eienaars Jan en Karin Rabie, het die baan uitgelê en gebou. Volgens Jeanne-Marie Rabie, Tiaan se vrou, was hierdie die eerste van vier wedrenne wat op die baan sal plaasvind.

Die fietsryers was al vroeg uit die vere en die eerste groep het om 08:00 weggespring. Daar was agt kategorieë vir vroue en nege vir mans. “Daar was 85 inskrywings en ons is regtig verras deur die opkoms. Alles het seepglad verloop,” het Jeanne-Marie, wat ook die wedren georganiseer het, aan Die Pos gesê.

Die ryers se gesinne het die dag saam geniet en een van die ouers het gesê haar seun, wat slegs 11 jaar oud is, het dit baie geniet. Dit was ook die eerste kompetisie waaraan hy deelgeneem het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button