Local sportSport

Euphorbia-spelers kap dit uit op baan

Drie van die spanne van die Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool in Mookgophong het op Vrydag 13 Mei as naaswenners van die Sewes-toernooi wat op Laerskool Koedoeskop aangebied is, uitgetree.

Euphorbia se afrigters is in hul skik met die seuns se balvaardighede en sien uit na die res van die seisoen.

Die o.11-netbalspan van die Euphorbia-skool in Mookgophong het as naaswenners uit die Sewes-toernooi getree. Voor is Anika Fouché, Lumé Venter en Melinke Grobler. In die middel is Khloé Potgieter, Mieke de Beer, Hilde Fouché en Mika van Jaarsveld. Agter staan Stephanie Mellet (afrigter).
Die Euphorbiaskool in Mookgophong is trots op hul o.13-netbalspan wat die naaswenners was tydens die Sewes-toernooi by Laerskool Koedoeskop. Voor is Mieke Botma, Elouise Pretorius en Mia Botha. Agter staan Chané Loots, Misha Abrahamse, Rejeanne Bodemer, Jessica Potgieter en Jani van Heerden (afrigter).

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button