Local sportSport

Wenners van rolbalkompetisie aangewys

Die Nylstroom-rolbalklub is gewild onder oud en jonk en hou jaarliks ’n klubkompetisie vir die sakeligaspanne wat elke Donderdagaand deelneem.

Die wenners is tydens die sakeliga se afsluiting op Donderdag 5 Mei aangewys.

Volgens Louise Potgieter, voorsitter van die Nylstroom-rolbalklub, was daar 16 spanne met vier spelers per span wat aan die sakeliga-klubkompetisie deelgeneem het. Die Seepglad Ghoens is as die wenspan aangewys met die Kabouters in tweedeplek en die X-faktor derde op die rangleer. In die vroue afdeling is die Wogs-span met die titel van beste spangees bekroon.

Die volgende seisoen begin in September. Belangstellendes kan vir Louise Potgieter bel by tel. 083 305 6787 of vir Johan Bezuidenhout (sakeliga-voorsitter) by tel. 082 414 6629 vir meer inligting.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button