Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Van Reenen Cloete, bekende sportafrigter van Bela-Bela, het vanaf Donderdag 5 Mei tot Saterdag 7 Mei aan die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap by die Pilditch-stadion in Pretoria deelgeneem. Hy het in die meestersklas (45-49 jaar) meegeding. Cloete het bronsmedaljes vir verspring, hoogspring en die 800 m-item gewen. Hy het ’n silwermedalje in die 400 m-hekkies los gehardloop. Op die foto is Cloete in aksie tydens die byeenkoms.
Werner Stander van Laerskool Koedoeskop het op Saterdag 7 Mei tydens die Limpopo-rugbyproewe by Hoërskool Pietersburg in Polokwane na die finale ronde van die proewe deurgedring. Saam met Werner op die foto is sy afrigter, Gideon van Dyk.
Mia Botha en Lize Janse van Vuuren van die Euphorbiaskool in Mookgophong is op Woensdag 27 April tydens die kwalifiserende uitdunrondes by Hoërskool Ben Viljoen in Groblersdal vir die o.12 Maroela Limpopo-hokkiespan gekies. Die skool is trots op die spelers wat die skool se naam hoog hou.
Die Thabazimbi-boogskietklub se skuts het van Saterdag 30 April tot Maandag 2 Mei aan die Afrika-streek- en veldskietkampioenskap in Thabazimbi deelgeneem. Van die klublede het hul Protea-kleure in hul onderskeie klasse verwerf. Meagan Shamrock en Maya Broekhuizen, leerders van Hoërskool Frikkie Meyer is albei vir die Suid-Afrikaanse nasionale binne- en veldboogskietvereniging (Sanifaa) se Protea-span gekies. Twee ander klublede, Mathilda Broekhuizen en Bianca Coetzee, het hul federasiekleure in boogskiet verwerf. Op die foto is van die klublede wat aan die kampioenskap deelgeneem het. Voor is Hennie van Staden, Meagan Shamrock, Maya Broekhuizen en Gert Snyman (spanbestuurder). Agter staan Werdie van Staden en HJ Swanepoel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button