Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Die klein bulletjies van Laerskool Nylstroom het die naweek van Saterdag 23 April tydens Laerskool Warmbad se bulletjierugbydag besonder goed presteer. Die Nylies het twee o.8-spanne ingeskryf en elke span het drie wedstryde gespeel. Die skool se o.6-rugbyspan, die Kudu’s, het drie wedstryde teen Klein Pikkewyn-kleuterskool, asook teen Laerskole Thabazimbi en Marble Hall gespeel. Die Nylies se afrigters van albei spanne is Adriaan van der Colff, Johan Viljoen, Janneman Henn, Arrie van der Merwe en Nico van Hulst. Op die foto lê Jayden Coetzee van die Nylies rieme neer doellyn toe. Foto: Herman Steyn
Drie rugbyspelers van Laerskool Nylstroom in Modimolle is vir die o.12 Waterberg-span gekies wat op Vrydag 6 Mei aan die finale proewe vir die Limpopo-span deelneem. Dirk Nortman (agsteman), Zardus Coetzee (flank) en FC Alcock (haker) sal die Nylies se naam hoog hou.
Hendrik “Boiki” Monareng, veteraanatleet van Bela-Bela, het op Maandag 2 Mei aan die Miway Wally Hayward-marathon in Pretoria deelgeneem. Die marathon was ’n kwalifiserende ronde vir die Comrades-marathon wat vanjaar in Augustus plaasvind. Monareng het die 42 km-wedloop in ’n tyd van 03:40 voltooi. Hy beplan om op Donderdag 26 Mei ’n uitdagende wedloop na Polokwane saam met ander atlete aan te durf. Die geleentheid staan bekend as die Ironman Strongman-uithou-wedren wat vanaf Bela-Bela na Polokwane oor 200 km plaasvind. Die atlete hardloop 100 km en ry fiets vir 100 km. Die geleentheid sal gebruik word om geld in te samel om sportgeleenthede in Bela-Bela uit te brei. Mense wat belangstel om tot die saak by te dra of wil deelneem, kan vir Monareng bel by tel. 076 181 2592. Op die foto is Monareng nadat hy die marathon in Pretoria voltooi het.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button