Local sportSport

Oor die wenstreep…

Die Pos se gereelde bydrae tot sport in en om die Waterberg.

Vyf netbalspelers van Hoërskool Nylstroom is gekies om deel te wees van die Limpopo-netbalspanne. Anika Holtzhausen en Leomai Meecham is verkies as reserwes vir die o.18-span. Sybrie Van der Merwe is deel van die o.17-span, Tariro Nkosi van die o.16-span en Mieke Mienie is deel van die o.15-span.
Die Sonskyn-duiweklub van Bela-Bela gaan, in samewerking met Hoërskool Warmbad, ’n fondsinsameling hou om die skool ’n finansiële inspuiting te gee. Mense kan ’n kaartjie teen R100 koop en die kans staan om ’n gratis jagpakket te wen. Daar is ’n koedoebul, rooibok, vark en blouwildebees op die spel. Die gr. 10-, 11- en 12-leerders verkoop tans die kaartjies. Die klas wat die meeste verkoop, ontvang ’n kontantprys van R4ؘ 000 en die leerder wat die meeste verkoop ontvang R2 000. Vir navrae kan mense vir Paul Bester, voorsitter van die duiweklub, bel by tel. 071 388 5412. Op die foto is Bester saam met Karen Vorster, waarnemende skoolhoof, en Van Reenen Cloete, atletiekafrigter en sekretaris van die duiweklub, tydens die oorhandiging van die kaartjies.
Vatso! ’n Baie suksesvolle bulletjierugbydag is op Saterdag 22 April by Laerskool Warmbad aangebied. Laerskole Thabazimbi, Nylstroom, Warmbad, Eenheid, Vaalwater, Marble Hall, asook Julian Müller en Klein Pikkewyn-kleuterskool het aan die byeenkoms deelgeneem. Op die foto is Divan Nel van die Warries met die bal in die hand tydens die naweek se wedstryd teen Thabazimbi. Foto: Herman Steyn

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button